Kwaliteitsbestuurstelsel

'n Kwaliteitsbestuurstelsel (KBS) kan gedefinieer word as 'n versameling beleidsverklarings, prosesse en prosedures wat vereis word in die beplanning en uitvoering van (Produksie/ Ontwikkeling / Diens) in die kernaktiwiteit van 'n organisasie. Kwaliteitsbestuurstelsels integreer die verskillende interne prosesse in 'n organisasie en poog om 'n prosesbenadering daar te stel vir projekuitvoering. 'n KBS stel organisasies daartoe in staat om die verskeie kernbesigheidsprosesse te identifiseer, te meet, te beheer en te verbeter en is daarop gemik om uiteindelik te lei tot verbeterde besigheidsprestasie.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search